Spoegwolf is 'n Afrikaanse musiekgroep van die Paarl, Suid-Afrika wat in Februarie 2012 gestig is. Die groep bestaan uit Moskou du Toit (tromme, perkussie en sang), Chris von Wielligh (kitaar, klavier), Albert van der Merwe (baskitaar, sang, rymklets) en Danie du Toit (sang, kitaar, klavier). Van hulle treffers is Loerie, Lenie Blou, Bittermaan en Somerset-Wes. Spoegwolf het geskiedenis gemaak deur die eerste Afrikaanse musiekgroep te wees om die nommer een plek op die Apple Music treffersparade in Suid-Afrika te beklee. Op hoërskool het Chris by hulle aangesluit op klawerbord, en in 2008 het hulle Die Burger se Jip Rockspaaider-kompetisie gewen.
Die eersteprys het 'n professionele opname in 'n ateljee behels deur Paris Recording Studios - hul eerste musiekvideo, en gigs moes sorg vir daaglikse uitgawes. In hulle tweede jaar het hy en Albert besluit om dié spelery meer professioneel aan te pak. Die musiekgroep het as Ysterkoei bekend gestaan tot en met 2012, toe Spoegwolf ontstaan het en die groep 'n sterker visie en beeld wou koppel aan die groep en die musiek wat hulle maak.
Hulle visie – en met Danie se nuutgevonde insigte te danke aan sy taal- en kultuurvakke verkry in die rekenaarlokaal waar hy saans na ete gaan werk het – was om ’n musiekgroep te skep vir mense wat lief is vir literatuur.
“Ons wou ’n Afrikaanse band wees wat dink.” Hy noem dan ook sy literêre en musiekinspirasie as onderskeidelik Ernest Hemingway, J.D. Salinger en Bruce Springsteen."